Daar is iets omtrent Winklespruit kampe wat verder gaan as die see, die mense en ‘n week vol lag en rondhardloop. Iets wat mens nie werklik in woorde kan omsit nie. Ek weet net verseker die Here se hart klop vir die kampe. Sy hart is wawyd oop vir elke kind en personeellid.
Die afgelope September kamp was my derde kamp, en weereens staan ek net verstom oor wat die Here kom doen het. Die Saterdag middag begin die kinders uit alle oorde die kampterrein oorneem. Lag, gooi mekaar met water, hol af strand toe, stry oor wie slaap waar en honger gesiggies wat in toue staan vir die “beroemde” kampkos. En ek dink by myself, “hartjies, julle is in vir ‘n ding!”
Van die woord “go” af, begin die Here “stir” in almal se harte. Soos die kamp aangaan, kom seer uit en ek sien hoe God vir elke stukkende gesiggie ‘n glimlag teruggee. Hoe Hy self die trane kom afvee. En die harte van elke asem op die kamp kom omvou met Sy karakter en liefde.
Die kamp staan einde se kant toe, persooneel sukkel om wakker te bly in vergaderings en die entoesiasme van die kinders om af te hol strand toe loop ook uit. En deur die al die lag en chillies, sien ek hoe die Here nog dieper gegaan het as enige verstaan, hoe Hy Sy “kids” kom vry maak van die “shots” wat die wereld hulle gegee het en vir hulle kom wys Wie Hy is en hoe groot sy liefde vir hulle is.
October 11, 2008
Categories: Life . . Author: berdinejoy . Comments: Leave a Comment
Dogtertjie met die wit rokkie
Ek hou jou hand vas
Ek wil jou dinge van my hart leer
Dogtertjie met die wit rokkie
Ek gaan vir jou baklei
Ek tel jou op en gee jou sekuriteit
Dogtertjie met die wit rokkie
Jy is nie meer alleen nie
Ek ken jou hartjie se seer
Dogtertjie met die wit rokkie
Jy is my dogtertjie
My “little bundle of joy”!
May 24, 2008
Categories: Gedigte . . Author: berdinejoy . Comments: Leave a Comment
Kleine vingetjies vou om my hand
‘n Hand wat al klappe uitgedeel het
‘n Hand wat klappe gekeer het.
In my soeke na waarheid
In my soeke na beauty onbeperk
Kom jy mensie-hartjie-klein
En jy wys my waar die liefde lê
Jou onderlippie tuit as die flikkerende liggies
Van die t.v in jou oe weerkaats
Onskuld le vasgevang in jou potblou
Ek was ook soos jy
Nie lank terug nie
Jou emosies is nog onseker
Jy vertrou nie veel
Jy skrik nog groot as die mense lawaai
Jou hartjie kan nie baie “faff” vat nie
Tog mensie-hartjie-klein.
Is ek nes jy!
May 11, 2008
Categories: Gedigte, Life . . Author: berdinejoy . Comments: 2 Comments
The broken clock is a comfort, it helps me sleep tonight Maybe it can stop tomorrow from stealing all my time I am here still waiting though i still have my doubts I am damaged at best, like you’ve already figured out I’m falling apart, I’m barely breathing With a broken heart that’s still beating In the pain, there is healing In your name I find meaning So I’m holdin’ on, I’m holdin’ on, I’m holdin’ on I’m barely holdin’ on to you The broken locks were a warning you got inside my head I tried my best to be guarded, I’m an open book instead I still see your reflection inside of my eyes That are looking for a purpose, they’re still looking for life I’m falling apart, I’m barely breathing with a broken heart that’s still beating In the pain (in the pain), there is healing In your name (in your name) I find meaning So I’m holdin’ on (I’m still holdin’), I’m holdin’ on (I’m still holdin’), I’m holdin’ on (I’m still holdin’) I’m barely holdin’ on to you I’m hangin’ on another day Just to see what you throw my way And I’m hanging on to the words you say You said that I will be OK The broken lights on the freeway left me here alone I may have lost my way now, haven’t forgotten my way home I’m falling apart, I’m barely breathing with a broken heart that’s still beating In the pain(In the pain) there is healing In your name I find meaning So I’m holdin’ on (I’m still holdin’), I’m holdin’ on (I’m still holdin’), I’m holdin’ on (I’m still holdin’), I’m barely holdin’ on to you I’m holdin’ on (I’m still holdin’), I’m holdin’ on (I’m still holdin’), I’m holdin’ on (I’m still holdin’), I’m barely holdin’ on to you
February 27, 2008
Categories: Life . . Author: berdinejoy . Comments: Leave a Comment
February 10, 2008
Categories: Life . . Author: berdinejoy . Comments: Leave a Comment
So het 2007 gekom en gegaan, nou sit ek in 2008 en ‘n nuwe wereld het vir my oopgegaan in 2 weke! ‘n Wereld wat ek gedink het eers oor ‘n jaar of wat vir my gaan oopgaan. Dalk is dit omdat ek actually die waarheid agtergekom het, om nie my eie planne en gedagtes na te jaag nie, maar om die mind van Christ te he. 2 Jaar lank sukkel ek my duskant vrek om in die radio industrie in te kom, so gaan elke moontlike deur vir my toe. Toe ek actaully ophou stoei, en ophou worry en dit net los in die Almighty se hande, toe gaan daar in net 2 weke vir my deure oop in die film/televisie industrie ‘n huge deur oop. En vir die eerste keer, het ek ‘n passie en ‘n godly motivering om my droom na te jaag. My laatslaap en laatnag dvd’s kyk en ure in coffeeshops, is dalk nou iets van die verlede, vir ‘n ruk. So, as ek al die bogenoemde in gedagte hou en die Vader se hand so duidelik in alles sien, dan gaan dit met my werklik goed, want ek is in lyn met my purpose, dit energize my heavy baie, al is die daaglikse struggles en battles nog daar, ek het in die begin van die jaar, die song van Mat Kearney, “won’t back down” my eie gemaak. I’m here to fight the good battle till the end!
January 26, 2008
Categories: Life . . Author: berdinejoy . Comments: 1 Comment
Ekt die laaste 3 dae, die vinnigste tot ñ stilstand gekom. Eers het dit vreeslik vreemd gevoel en so half buite beheer, ek dink die stilte freak my uit. Maar dis net wat ek nodig het. En ek geniet dit, om wakker te word en net weer te gan lê en dvds kyk! Geen diep blog nie, net my mind! Peace
December 23, 2007
Categories: Life . . Author: berdinejoy . Comments: 1 Comment
Dit is vir my altyd so lekker as die Here in allerdaagse dinge opdaag en my van Sy karakter leer. Hy kom ontmoet my net daar waar ek is en leer my wie Hy is. Ek doen die “producer-ding” by die kerk (organiseer die diens ens.) en in elke diens kom amaze die Here my altyd met iets awesome! Elke keer is diet vir my ‘n journey duisend. My laaste keer laasweek was ook niks anders as die laaste 3 maande nie. Ek vra elke keer die Vader wat Hy my die keer mee wil challenge…
Ek kom toe op die awesome skrif af in Nehemiah, waar die leier vanuit sy posisie, sy mense ge”serve” het. En dit hit my toe, dat die team wat ek het, eks nie daar om op hulle te skree oor die Comms as iets nie werk nie. Eks daar om hulle te serve, om hulle bo als te stel en hulle te encourage in wat hulle goed is.
So die Here het my die awesome ding kom wys, dat “the point about leadership is not to over rule, but to serve”
December 23, 2007
Categories: Life . . Author: berdinejoy . Comments: 1 Comment
Reendruppels…
…drup
…drup
…drup saggies oor my neus.
Terwyl nog ‘n paar wolke naderkruip om te kan deel wees aan ‘n hemelse simfonie orkes.
Die bekende reuk van reen van soveel jare bring herinneringe van genesing en hoop.
Hoog bo my kop en groter as my verstand
klop die ritme van my bestaan
in die pols van die Grote se metanarratief
Ek en jy, is ook reendruppels
Ons val sag in die Grote se hand
Daar, druppeltjie fyn, is ons veilig
Weg van hael en weerlig
Hier verdrink ons in die Grote se vloede van seen
December 7, 2007
Categories: Gedigte, Life . . Author: berdinejoy . Comments: Leave a Comment

Klein kremetart boompie sterk
Jou wortels groei, hulle groei ver
Groot happe uit jou het al spons geword
Jy staan groot
Jy staan uit
Jy staan wyd
Jy staan alleen
Vir jare groei jy al op jou eie
Groei met ‘n bietjie water, die Afrika-son het jou al laat verstik
Maar My krane gaan nou begin oopgaan oor jou
My water gaan jou voed
Jy kan nou net groei, groei, groei
…in My
Klein kremetart boompie sterk
Jou tyd het gekom, jou wortels gaan dieper groei
Jou takke gaan skadu maak vir baie
Jy is Myne
December 7, 2007
Categories: Uncategorized . . Author: berdinejoy . Comments: 1 Comment