So het 2007 gekom en gegaan, nou sit ek in 2008 en ‘n nuwe wereld het vir my oopgegaan in 2 weke! ‘n Wereld wat ek gedink het eers oor ‘n jaar of wat vir my gaan oopgaan. Dalk is dit omdat ek actually die waarheid agtergekom het, om nie my eie planne en gedagtes na te jaag nie, maar om die mind van Christ te he. 2 Jaar lank sukkel ek my duskant vrek om in die radio industrie in te kom, so gaan elke moontlike deur vir my toe. Toe ek actaully ophou stoei, en ophou worry en dit net los in die Almighty se hande, toe gaan daar in net 2 weke vir my deure oop in die film/televisie industrie ‘n huge deur oop. En vir die eerste keer, het ek ‘n passie en ‘n godly motivering om my droom na te jaag. My laatslaap en laatnag dvd’s kyk en ure in coffeeshops, is dalk nou iets van die verlede, vir ‘n ruk. So, as ek al die bogenoemde in gedagte hou en die Vader se hand so duidelik in alles sien, dan gaan dit met my werklik goed, want ek is in lyn met my purpose, dit energize my heavy baie, al is die daaglikse struggles en battles nog daar, ek het in die begin van die jaar, die song van Mat Kearney, “won’t back down” my eie gemaak. I’m here to fight the good battle till the end!
1 Comment(s)
Comments RSS TrackBack Identifier URI

My dogter is seker omtrent net so oud soos jy, en het ook twee weke gelede begin werk. Dit was nogal vir haar traumaties, veral met ‘n sekere slaappatroon wat nou gebreek moet word!
Ek is bly vir jou en sê saam met jou dankie. Geniet elke oomblik, ek weet jy sal ‘n sukses maak!