Winklespruit2008

Daar is iets omtrent Winklespruit kampe wat verder gaan as die see, die mense en ‘n week vol lag en rondhardloop.  Iets wat mens nie werklik in woorde kan omsit nie.  Ek weet net verseker die Here se hart klop vir die kampe.  Sy hart is wawyd oop vir elke kind en personeellid.

 

Die afgelope September kamp was my derde kamp, en weereens staan ek net verstom oor wat die Here kom doen het.  Die Saterdag middag begin die kinders uit alle oorde die kampterrein oorneem.  Lag, gooi mekaar met water, hol af strand toe, stry oor wie slaap waar en honger gesiggies wat in toue staan vir die “beroemde” kampkos.  En ek dink by myself, “hartjies, julle is in vir ‘n ding!”

 

Van die woord “go” af, begin die Here “stir” in almal se harte.  Soos die kamp aangaan, kom seer uit en ek sien hoe God vir elke stukkende gesiggie ‘n glimlag teruggee.  Hoe Hy self die trane kom afvee.  En die harte van elke asem op die kamp kom omvou met Sy karakter en liefde. 

 

Die kamp staan einde se kant toe, persooneel sukkel om wakker te bly in vergaderings en die entoesiasme van die kinders om af te hol strand toe loop ook uit.  En deur die al die lag en chillies, sien ek hoe die Here nog dieper gegaan het as enige verstaan, hoe Hy Sy “kids” kom vry maak van die “shots” wat die wereld hulle gegee het en vir hulle kom wys Wie Hy is en hoe groot sy liefde vir hulle is.

Leave a Comment

No comments yet.

Comments RSS TrackBack Identifier URI

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.