Dogtertjie met die wit rokkie

Dogtertjie met die wit rokkie Ek hou jou hand vas Ek wil jou dinge van my hart leer   Dogtertjie met die wit rokkie Ek gaan vir jou baklei Ek tel jou op en gee jou sekuriteit   Dogtertjie met die wit rokkie Jy is nie meer alleen nie Ek ken jou hartjie se seer [...]

Mensie-hartjie-klein

Kleine vingetjies vou om my hand ‘n Hand wat al klappe uitgedeel het ‘n Hand wat klappe gekeer het.   In my soeke na waarheid In my soeke na beauty onbeperk Kom jy mensie-hartjie-klein En jy wys my waar die liefde lê   Jou onderlippie tuit as die flikkerende liggies Van die t.v in jou [...]

‘n Handjie vol reendruppels

Reendruppels…                            …drup                                       …drup                                                  …drup saggies oor my neus. Terwyl nog ‘n paar wolke naderkruip om te kan deel wees aan ‘n hemelse simfonie orkes. Die bekende reuk van reen van soveel jare bring herinneringe van genesing en hoop. Hoog bo my kop en groter as my verstand klop die ritme van my bestaan [...]

Gedagtes

Die gedagtes in my skouersak skommel Terwyl die swaarstes onder gaan le Ek knip julle uit Plak julle dan in repies op die blaaie van my hartsjoernaal Die wonder van gedagtes Dis julle wat skep Dis julle wat breek Dis julle wat dromers maak van mense klein Die Groot Romein reken ek moet julle daagliks [...]

Ligspikkel

Aan die anderkant van die reënboog Waar dromers gedigte skribbel op loslap stukkies papier Waar engele, melodieë neurie en in die wolke dan record Dis daar waar ek jou gaan vind Jy gaan my leer tel En ek gaan jou leer van hard lag Aan die anderkant van daardie reënboog Sit ek vir jou en [...]

Wit donsie koud

Wit donsie koud Val so sag uit die donker niks Jy is vir my ‘n nuwe gestalte van Bonatuurlik Ek ken jou nog glad nie Jy is nog ‘n deeltjie van Bonatuurlik wat ek nie ken nie Hoeveel deeltjies is nog onbekend? So perfek gevorm in Bonatuurlik se hand Maar wag, ek ook…. Wit donsie [...]

Huppelkind

Kind met die enkel handskoen vol gate Om en om huppel jy in jou eie energiebaan Sielgelukkig “swing” jy op ‘n skewe swaai Skree die droë yster jou nie doof nie?   Skeef en droog is jou wêreldjie, Kind Jy leer my vandag Tevrede Kind, speel salig voort Die groot Buurtwagter het jou genotice Huppel [...]

Jy

Jy, jy wie my emosies laat Comrades hardloop in die na-nag. Jy, vir wie ek soms met toe oe aanstaar. Jy, met wie ek poppekasgevegte hou in my drome. Jy, wat my geloof in my God elke dag net sterker maak. Jy, wat ‘n visuele voorbeeld is van harts-seer Vir jou bly ek lief Want [...]

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.